War Hospital uitgestel tot 2024

War Hospital, die unieke real-time strategie spel wat fokus op lewens red eerder as om hulle te neem, is uitgestel tot vroeg in 2024. Die spel was oorspronklik beplan om op 26 Oktober 2023 uit te kom vir PlayStation 5, Xbox Series X|S, en PC, maar die ontwikkelaars by Brave Lamb Studio het besluit om hulle ontwikkelingstyd te verleng om die spel meer te verfyn en beter egtheid en ander kwaliteit doelwitte te bereik.

War Hospital speel af in 1918 tydens Wêreldoorlog I en sit spelers in die rol van Majoor Henry Wells, ‘n afgetrede Britse gevegsdokter wat teruggeroep word na die Franse Front. Daar moet hy ‘n veldhospitaal bestuur onder konstante artillerievuur en verskriklike oorlogbeserings behandel met regte WW1 toerusting en metodes. Die spel het ‘n verskeidenheid van spel meganika, insluitend bestuur, strategie en rolspel, sowel as ‘n getrou nagebootste omgewing van die Franse Front in WW1.

Brave Lamb Studios het hulle redes vir die uitstel verduidelik in ‘n verklaring wat op Steam geplaas is (ingesluit hieronder en vertaal uit Engels):

“Liewe spelers,

Julle volg ons nuus al lank en julle weet dat ons toegewyd is om ‘n werklik unieke spel te maak. Aangesien die doel van die spel is om mense te red eerder as om hulle te dood, bied War Hospital ‘n ander perspektief as ander oorlog strategie speletjies. Ons wil die spel so diep en realisties moontlik maak terwyl ons die onderwerp wat dit hanteer respekteer. Dit is hoekom War Hospital ‘n verskeidenheid van spel meganika het, insluitend bestuur, strategie en rolspel. Hierdie verskillende stelsels is kompleks, en ons benodig meer ontwikkelingstyd as voorheen gedink om die regte balans te vind.

Om ons egtheid en kwaliteit doelwitte te bereik, het ons besluit om ons ontwikkelingstyd te verleng en die vrystelling terug te skuif na vroeg in 2024. Hierdie ekstra maande sal ons toelaat om besonderhede te verfyn, die spel te balanseer, en meer foute reg te maak sodat julle ‘n meer gepoleerde spel kan hê.

Dankie vir julle begrip, julle geduld, en julle ondersteuning. Hou dop vir meer inligting oor War Hospital binnekort.

Die War Hospital span.”

War Hospital het beslis ‘n interessante idee, een wat fokus op morele keuses maak en die gevolge van oorlog hanteer. Tyd sal wys hoe hierdie unieke en meesleurende ervaring van ‘n oorlogdokter wees, in een van die mees wrede konflikte in die geskiedenis, sal uitwerk.

Hans Haupt
Hans Haupt
Eienaar, stigter en bydraer by EkSpeel, Hans het 'n groot belangstelling in geek-kultuur en die interaktiewe vermaakbedryf. Met 'n Meestersgraad in Kommunikasie en Ludologie, hy is goed gelees en ingelig oor sake wat verband hou met video-speletjies en kommunikasiemedia, onder baie ander onderwerpe van belang.

Nuutste artikels

Gewildste artikels

Related articles

Leave a reply

Please enter your comment!
Please enter your name here