Comic Con Africa is opgewonde om aan te kondig dat die legendariese akteur en bodybuilder, Lou Ferrigno, hierdie jaar se geleentheid gaan bywoon. Ferrigno is veral bekend vir sy ikoniese rol as die oorspronklike Hulk in die 1970’s TV-reeks The Incredible Hulk, en sy teenwoordigheid gaan beslis die skou verryk en aanhangers van alle ouderdomme bly maak.
Ferrigno se vertolking van die Hulk bly een van die mees geliefde en blywende weergawes van die karakter. Van 1977 tot 1982 het hy Marvel se groen reus tot lewe gebring op ‘n manier wat die verbeelding van miljoene aangegryp het. Sy fisieke krag en intense vertoning het hom as ‘n popkultuur-ikoon gevestig, en hy bly steeds geliefd onder strokiesprent-entoesiaste en superhero-aanhangers wêreldwyd.
Benewens sy rol as die Hulk, het Lou Ferrigno ’n uitgebreide loopbaan in film en televisie gehad, asook ’n groot rol in die bodybuilding-gemeenskap. Sy gewildheid strek verder as die skerm, aangesien hy ook ’n voorstander is van fiksheid en ’n gesonde leefstyl.
Besoekers aan Comic Con Africa 2024 sal die unieke geleentheid hê om Lou Ferrigno in lewende lywe te ontmoet, professionele foto’s saam met hom te neem (vir R800), en handtekeninge (vir R400) te kry van die man wat die Hulk eerste tot lewe gebring het. Daarby sal Ferrigno ook deelneem aan paneelbesprekings waar hy agter-die-skerms stories van sy tyd op The Incredible Hulk sal deel, sowel as insigte oor sy loopbaan en passie vir fiksheid.
Terwyl die geleentheid plaasvind van 26 September (Donderdag) tot 29 September (Sondag), sal Ferrigno daar wees van 26 September (Donderdag) tot 28 September (Saterdag). Ferrigno sal op Comic Con Africa se hoofverhoog in hierdie tye verskyn:
- Donderdag – 11:30 tot 11:55
- Vrydag – 11:00 tot 11:25
- Saterdag – 10:30 tot 10:55
Comic Con Africa 2024 beloof om ’n viering te wees van alles wat met popkultuur en gaming te doen het, met ’n sterbelaaide gaste lys, opwindende uitstallings, en interaktiewe ervarings wat die hele gesin sal geniet. Kaartjies vir die geleentheid later hierdie maand, asook kaartjies vir die meet & greet met Lou, is beskikbaar op Howler hier: https://comiccon.howler.co.za/events/comic-con-africa-2024-ab9a.